Vervoer

Privaatheidskennisgewing

Hierdie webwerf stoor geen persoonlike inligting nie. Die kwotasie-vorm maak ’n WhatsApp-boodskap op jou eie toestel oop. Niks word na ’n bediener van ons gestuur nie.

Wat jy vir Fanie op WhatsApp stuur (jou naam, adresse en datums) word net gebruik om jou kwotasie te gee en jou trek te reël. Ons deel dit nie met derde partye nie.

Ons tel hoeveel mense die webwerf besoek en hoeveel keer op ’n WhatsApp-knoppie gedruk word. Dit gebeur sonder koekies en sonder om jou persoonlik te identifiseer (Vercel Web Analytics). Ons gebruik geen advertensie-koekies nie.

Ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) kan jy vra watter inligting ons oor jou hou, en dit laat regstel of uitvee. WhatsApp Fanie by 068 616 8875.