Vervoer

Ons trek studente. En jou besigheid se goed.

Klein trekke vir studente, en vervoer vir besighede. Een trok, een Fanie. ’n Koshuiskamer in Potch, ’n klein woonstel tot in Kaapstad, en twee keer per maand ’n vrag Pretoria toe. Stuur ’n WhatsApp, kry ’n prys.

  • Koshuis Woonstel

    Kamer na kamer, binne Potch

    ±2 km

  • Potch Pretoria

    Twee keer per maand, vir besighede

    ±190 km

  • Potch Kaapstad

    Studente, huis toe of terug

    ±1 320 km

  • Potch Windhoek

    Oor die grens, op aanvraag

    ±1 350 km

Trekseisoen Okt–Feb. Bespreek vroeg, die trok raak vol.

Watter kant toe?

So werk dit, op WhatsApp

Jy sê wat, waarvandaan, waarheen en wanneer. Fanie kyk, vra dalk een ding, en stuur ’n prys.

Voorbeeld van ’n gesprek. Die name en datums is versin.

  1. Hallo Fanie! Ek trek 15 Des van die koshuis na Durbanville. Een kamer se goed en ’n yskas.14:02

  2. Lekker. Stuur my gou ’n foto van die kamer, dan gee ek jou ’n prys.14:05

  3. Foto van die kamer gestuur.14:11

  4. Dankie. Kwotasie is op pad. As dit werk, laai ons die 15de om 07:00. Jy hou net die sleutels.14:20

Die wit paneelwa uit ons advertensie, met Studente, Trek en Potch daarop geskryf

Skakel of WhatsApp Fanie

Klein trekke vir studente. Vervoer vir besighede, Potch na Pretoria. Skeur ’n strokie af, of druk net daarop.

068 616 8875

Wat jy kan verwag

Een prys per trek
Elke trek en elke vrag word op sy eie gekwoteer, vir jou goed en jou afstand.
Jy praat met Fanie
Dieselfde persoon wat kwoteer, laai en ry, en wat jou WhatsApp antwoord.
Jy pak, ons dra
Pak jou goed in bokse. Ons laai, ry en laai af.
Klein trekke is ons ding
Ons spesialiseer in studente-trekke en ander klein trekke: ’n kamer, ’n studentehuis, ’n klein woonstel.
Vervoer vir besighede
Twee keer per maand ry ons trok van Potch na Pretoria met plante, produkte en voorraad. Eenmalige vragte na ander plekke op aanvraag.
Vakansie-stoor op aanvraag
Gaan jy huis toe vir die vakansie? Jou goed kan by ons bly tot jy terug is.

Stuur jou besonderhede in ’n minuut

Vul in, druk die knoppie, en jou besonderhede gaan reguit na Fanie se WhatsApp. Jy praat direk met Fanie, die persoon wat jou gaan trek.

Verkies jy om self te tik? WhatsApp Fanie by 068 616 8875.

Die vorm stoor niks op hierdie webwerf nie. Dit maak net ’n WhatsApp-boodskap oop wat jy self stuur.