Jou vrag ry saam
Pretoria toe.
Ons trok ry twee keer per maand van Potch na Pretoria. Plante, produkte, voorraad, meubels: jy laai by jou plek, ons ry en lewer af. Tien bokse of ’n trok vol, jy betaal vir jou vrag.
Potch → Pretoria
Gereelde rit, twee keer per maand
±190 km
Potch → Johannesburg
Op aanvraag
±120 km
Potch → Enige dorp
Eenmalige vragte, op aanvraag
SA-wyd
Volgende rit? WhatsApp Fanie vir die datum en bespreek jou plek.
Hoe die Pretoria-rit werk
Een trok, twee keer per maand, en jou vrag ry saam.
- Potch → Pretoria, twee keer per maand
- Dieselfde rit, twee keer per maand. Jy kan jou bestellings daarop beplan. WhatsApp Fanie vir die volgende datum.
- Enige hoeveelheid
- Tien bokse, twee pallette, of ’n trok vol. Ons kwoteer op jou vrag.
- Plante ry saam
- Kwekerygoed ry maklik saam op die Pretoria-rit. Sê hoeveel en hoe groot, dan reël ons die laai daarvolgens.
- Eenmalige vragte
- Voorraad na ’n nuwe tak, ’n uitstalling, ’n groot bestelling. Ander dorpe en stede op aanvraag.
- Gereeld saamry
- Stuur jy elke rit iets? Vra vir ’n staande plek, dan hoef jy nie elke keer te bespreek nie.
So werk dit, op WhatsApp
Jy sê wat, waarvandaan, waarheen en wanneer. Fanie kyk, vra dalk een ding, en stuur ’n prys.
Voorbeeld van ’n gesprek. Die name en datums is versin.
Middag Fanie. Ons kwekery het 60 potplante wat Centurion toe moet gaan. Wanneer ry julle weer?09:14
Môre, ons ry Donderdag. Hoe groot is die potte, en staan hulle in bakke?09:20
20 liter potte, 4 per bak. Ons kan Woensdagmiddag laai.09:26
Reg. Ek stuur nou ’n prys vir die vrag. Ek laai Woensdag na 14:00 en lewer Donderdag af.09:31

Skakel of WhatsApp Fanie
Klein trekke vir studente. Vervoer vir besighede, Potch na Pretoria. Skeur ’n strokie af, of druk net daarop.
Kry ’n vrag-kwotasie
Sê wat jy stuur, hoeveel en waarheen. Jou besonderhede gaan reguit na Fanie se WhatsApp. Eenmalig of gereeld, jy kry ’n prys op jou vrag.
Verkies jy om self te tik? WhatsApp Fanie by 068 616 8875.
Wat mense vir Fanie vra
Wanneer ry julle Pretoria toe?
Twee keer per maand. WhatsApp Fanie vir die volgende datum en bespreek jou plek.
Kan ek net ’n paar bokse stuur?
Ja. Sê hoeveel en hoe groot, dan kwoteer ons daarvolgens.
Laai julle by my en lewer by my kliënt af?
Sê vir Fanie waar die goed is en waar dit moet kom, dan reël ons die laai en aflewering saam met jou prys.
Hoe werk die prys?
Elke vrag word op sy eie gekwoteer: hoeveel, hoe ver, en hoe gereeld. Geen verpligting nie.
Ry julle ook ander plekke toe?
Eenmalige vragte na ander dorpe en stede is op aanvraag beskikbaar. Vra, dan kyk ons.